Gereformeerde Kerk Strand

Meer Christus
minder ek

EREDIENSTYE:

Somertye:  3 September tot 30 April  – 09:00
Wintertye:  7 Mei tot 31 Augustus    –  09:30
Feesdienste:  –  09:00

Welkom by die Gereformeerde Kerk Strand

Wie is ons?

Jesus gee ons ’n nuwe identiteit, ’n nuwe rede om mens te wees, volkome mens, sonder maskers. Jesus gee ons ’n rede om te bestaan en werklik te LEEF!
Wie is ons?
Interessante vraag – ons wil juis minder word, sodat Jesus meer kan word, ons wil diensbaar leef vir mekaar en die wêreld, sodat SY Koninkryk gebou kan word! Meer en meer en meer Jesus, meer en meer en meer liefde vir mekaar en die wêreld.

In die Julie 2023 – uitgawe van die Kerkblad verskyn ‘n artikel van “Carel Trichardt”. Oom Carel is een van ons gemeentelede en u is welkom om die artkel te hier te lees.

Nuwe Intrekkers

Indien jy ‘n nuwe intrekker is in die Helderberg-omgewing en jy wil graag by ons gemeente inskakel, wil ons jou vriendelik versoek om asb met ons kerkkantoor kontak te maak.

Lief & leed

Verskeie gemeentelede soek nog werk.

Ons dink en bid vir elke lidmaat wat huidig siek is. Mag die hemelse Vader elkeen dra gedurende hierdie tyd.

Verjaarsdae

Graag wil ons elkeen wat hierdie week verjaar, gelukwens en mag jy die seën van die hemelse Vader ondervind in die jaar vorentoe.

Ondersteun ons lidmate

Agter in “Die Doppertjie” (weeklikse nuusbrief) verskyn daar klein advertensies van gemeentelede wat dienste aanbied. Ons wil graag versoek dat jy groot asb hierdie lidmate ondersteun deur van hierdie dienste gebruik te maak.